Hierdie bakkie is nog werklik baie goed en 100% oorspronklik. Hierdie fotos
is geneem nog VOORDAT enige skoonmaakwerk hoegenaamd begin is. U kan dus
self sien in watter goeie toestand hierdie bakkie gehou is deur sy eienaar.
Die kilos is tans 310,000 en die bakkie het 'n gedeeltelike diensrekord by
die agente tot baie onlangs toe. Alles is dus nog in baie goeie toestand Die
bakkie het lugversorging in. Die bande is nog baie goed en die twee voorstes
is splinternuut (Michelin). Hierdie bakkie sal sommer spoggerig lyk as ons
hom kla gevalet het en nuwe rubberisering opgesit het. Die prys is R159,000.
Kontak my gerus enige tyd op 0826549344. Streng eerste betaal , eerste kom haal.