Ek is Peet van Rensburg en is reeds sedert 1995 betrokke in die motorbedryf. Met die tyd het ek egter begin spesialiseer in die verkoop van Landcruisers.
Ek het GROOT respek vir hierdie besonderse voertuie wat ek as die BETER AFRIKA 4x4 beskou. Dit is interessant om mense van regoor die land te ontmoed wat ook soos ek, n liefde vir die cruisers het. Almal is dit eens. Daar is nie n beter werksbakkie nie.
IS U CRUISER TE KOOP?
WEET U VAN EEN WAT TE KOOP IS?
SKAKEL MY DAN DADELIK
Ek sal U Cruiserbakkie koop of verkoop. Ek bring ook kopers en verkopers bymekaar uit. My deur staan oop vir enige wettige besigheid. Daarom is HANDELAARS EN ENTREPENEURS OOK BAIE WELKOM.
Maak gerus van hierdie aanbod gebruik.
KOM ONS DOEN BESIGHEID
Omdat kwaliteit en dienslewering vir my baie belangrik is , is ek kieskeurig by die aankoop van n cruiser en koop daarom slegs:
1)Suid Afrikaans geregistreerde voertuie
2)Roesvrye voertuie
3)Geen voertuie met ongelukskade nie ( tensy anders vermeld)
4)Geen vernielde voertuie nie
5)Geen voertuie waarvan die eienaarskap nie bepaal kan word nie
Elke voertuig word deeglik ondersoek, getoets, en waar nodig herstel om te verseker dat dit in puik toestand is alvorens dit bemark word.
Wees dus verseker van n kwaliteit cruiser en eerlike diens.
OF U DUS WIL KOOP OF VERKOOP . EK IS U BESTE OPSIE
Cruisergroete
Peet van Rensburg ( DIE BOERTJIE IN BETON)
0826549344/ 012 5487530
Hoop om spoedig van U te verneem.
(012) 548-7530 of 082 654 9344
Hier onder, n toonvenster van voertuie reeds verkoop deur ons ! |
| |
Free DHTML scripts provided by
Dynamic Drive
|